Erla Cilliers

SAQG geakkrediteerde kwilt mentor – Jakaranda Kwilters Gilde

Ek kwilt so vir die afgelope 20jaar, nadat ek ‘n ‘colour wash’ kwilt in my stiefma se huis gesien het. Ek doen reeds naaldwerk van laerskool in Stilfontein af, so kwilt was maklik om by te voeg. Ek hou veral van driedimensionele visuele effekte. Dit gee vir my ‘n ekstra dimensie aan kwilte. Ek is reeds Lid van Jakaranda Kwiltgilde in Pretoria vir etlike jare, en as ‘n uitvloeisel van my elke dag se werk nl. Projek bestuur en opleiding, kon ek nie anders as om die Kwiltonderwys akkreditasiekursus
in 2014 te doen nie. My filosofie aangaande klasgee is om die student meer bemagtig en begeesterd as aan die begin van die dag te laat uit stap, en hulle selfbeeld oor wat hulle glo hulle kan bereik op te bou. Ek dink aan myself as ‘n opkomende moderne kwilter met ‘n stewige tradisionele basis, so as jy wil saam kom op die reis, nooi my om te kom klas gee!

Share:

Related Articles